Chapbook – Collaborative Poetry

2

November 30, 2014 by petrujviljoen

Portret 5 (800x558) IMG_4437 (600x800) IMG_4436 (600x800) IMG_4435 (800x592)

A collaborative poem by Jansie Niehaus and myself, in Afrikaans, made into a chapbook. The poem follows:

Die Portret

Jansie Niehaus
Petru Viljoen
2014
Buitelyne eerste, skadu
vind, kry
die vorm bietjie … senuweeagtig
… reading Laurie Lee …
Wié is dié … teken ek?

Wat maak daai skadu’tjie daar
Op die wang?
Kan ek daai kleurtjie skuins
Teen die neus vasvang?
Waarheen sou haar gedagtes vlug
As haar oë so glasig kyk?
Hoe sien sy my terwyl
haar hare vir my soos grasvelde lyk?

Radikaal verander die koeltes
onder die neus – die son
het aangestryk van die soeltes
sy lyk nou soos ‘n non.
Verdwaas, verleë kyk ons op
wat het van die lig geword?
Gedagtes draal terug in haar kop
van waar violette wou verword.

Die onbekende skadukant kom om
Na die voorkant
Wie sou kon dink sy
het ‘n skadukant!
Die kleure het geflikker
Rondom mond en delikate
wimper
Nou Is hulle dof en stil –
Wat gemaak met my kleurryke visie,
Lig-omgewe,
Van die vrou wat hier voor my sit?

Desperaat begin graaf; die
ingewende roete,
ooglede sluit die buite uit,
binne-oog verskerp, verspied,
die gees begin sied.
‘n Draai van dikrooi gloed
ongetemper, verwoed.
Sy bly daar al is sy
bang (vir wat dit kan
doen).

Sy sit, uitgeput. ‘n Nuwe respek
is ontdek. Waar kry Hodgins
die moed vir ‘n soliede,
ontroosbare cadmium rooi?

Ek probeer dit nietemin
‘n rooi blerts
Soos ‘n komma agter
haar kop
en skielik weet ek
die kaasgeel maan wat
bo die horison uitloer
sal sy goue gloed
in vlenters soos vere
op haar gelaatstrekke laat.
En die skaduwees diepgroen
die hart van ‘n wildernis.
IEMAND sal tevoorskyn kom
Ver-rys uit die vlak van die reghoek
(Dalk nie sy nie)

En elkeen wat die portret sien
Sal weet hoe ek gevoel het
Op hierdie rooi-geel aand

maar wie se geheime
is verklap?
die verwer wat sien
wat sy sien en die besluit neem
oor kleur
inderdaad om die vrou,
ontbloot,
te kenne te gee.

Of die sitter noodwendig, ver-eers,
passief, wonder
hoe sy lyk –
of sy
haarself bekyk?

 

2 thoughts on “Chapbook – Collaborative Poetry

  1. I can’t read the poem, but I love the way it looks in the book.

    Interesting to derive all the meaning I get from this book from the appearance of the text and how the letters of the words look together and how it all fits together in its surroundings,rather than what it is saying.

    Thanks for posting this. It is intriguing.

    • I’m going to admit the layout was directly inspired by your work. I’m not up to doing a translation into English, it’s a whole creative process (thanks Antjie Krog – a South African poet) in itself. Thanks!

Leave a reply to petrujviljoen Cancel reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Available on Amazon

Available at Amazon.com

As the World Burns

Available at https://www.amazon.co.uk/As-World-Burns-Writers-Artists/dp/1951724046

Copyright

Unauthorized use and/or duplication of this material or any part of this material without express and written permission from myself is strictly prohibited.